24 Maar my volk het nie na My geluister nie en hulle nie aan My gesteur nie. Hulle het gemaak soos hulle wou. Hulle het hulle eie kop gevolg en verkeerd gedoen. Op die ou einde het dit net al hoe slegter met hulle gegaan.
25 Vandat jou voorouers uit Egipte getrek het tot vandag toe, het Ek gereeld boodskappers wat in my diens is, na hulle gestuur.
26 Maar my volk wou nie na My luister nie. Hulle het hulle glad nie aan My gesteur nie. Hulle het net meer teen My in opstand gekom. Hulle was nog erger as hulle voorouers.
27 Al sê jy al hierdie dinge vir hulle, sal hulle nie na jou luister nie. Selfs al waarsku jy hulle baie ernstig, sal hulle jou ignoreer.
28 Sê vir hulle: Julle is die volk wat nie na die Here julle God wou luister nie. Julle laat julle ook nie leer nie. Hulle ken nie meer iets soos waarheid nie. Dit is nie iets wat oor hulle lippe kom nie.
29 Mense van Jerusalem, sny julle hare af en gooi dit weg. Sing ’n treurlied op die kaal heuwels. Die Here het julle verwerp. Hy sal julle in die steek laat, want julle het Hom baie kwaad gemaak.”
30 Die Here sê: “Die mense van Juda het verkeerde dinge gedoen waarvan Ek net mooi niks hou nie. Hulle het beelde van afgode in my tempel gesit. Deur dit te doen het hulle gemaak dat die tempel nie meer ’n spesiale plek vir die Here was nie.