11 Haar mense loop en kla terwyl hulle na kos soek om te eet. Hulle het alles wat vir hulle belangrik was, geruil vir kos. Hulle het alles gegee net om aan die lewe te bly. “Kyk tog mooi, Here. Almal verag my!”
12 Julle wat by die stad verbyloop, moet oplet. Kyk mooi. Is daar nog enigiemand anders wat soveel pyn het as ek? Die Here het hierdie seer oor my gebring die dag toe Hy so kwaad was vir my en my gestraf het.
13 Hy het ’n vuur van bo af gestuur wat my verteer het. Hy het ’n vangnet vir my gespan wat my laat terugsteier het. Hy het my eensaam en siek agtergelaat.
14 Die Here het met sy hand die dinge wat ek verkeerd gedoen het soos ’n tou inmekaar- gevleg. Hy het dit soos ’n juk op my nek gesit. Ek het nie genoeg krag om dit te dra nie. Die Here het my oorgegee aan mense teen wie ek nie sterk genoeg is om te veg nie.
15 Die Here het al die sterk mans wat ek gehad het, met minagting weggewys. Hy het ’n weermag bymekaargemaak om my jongmanne te verslaan. Die Here het Juda stukkend getrap. Dit was soos druiwe wat jy met jou voete in die parskuip stukkend trap.
16 Trane loop uit my oë. Ek huil oor alles wat gebeur het. Daar is niemand by my wat my kan troos en my beter kan laat voel nie. Die vyand was te sterk vir my. My kinders is weg. Die mense wat in my woon, is platgeslaan. Hulle het niks om na uit te sien nie.
17 Sion steek verniet haar hande uit dat iemand haar kan troos. Die Here het vir almal wat rondom Jakob woon, gesê om van nou af sy vyand te wees. Jerusalem het soos ’n melaatse geword van wie jy ver moet wegbly.