19 Dié wat beloof het om my te help as daar moeilikheid kom, dié wat vir my lief was, het my in die steek gelaat toe ek hulle gevra het om my te help. Die mans wat vir die Here sy offers gebring het en die oumense wat in die stad gebly het, is nou almal dood. Hulle het kos gesoek om aan die lewe te bly.
20 Here, kyk hoe bang is ek. My hart krimp inmekaar. Ek was so vreeslik opstandig. Die swaard maai alles op die strate af. Binne-in die huise is dit soos die dood.
21 Hoor tog hoe kreun ek omdat niemand by my staan nie. My vyande hoor wat U met my laat gebeur het. Hulle is baie bly daaroor. Laat tog die dag kom wat U beloof het. Laat dit met hulle gaan soos dit nou met my gaan.
22 Kyk na al die kwaad wat hulle gedoen het. Straf hulle daarvoor soos U my gestraf het vir alles wat ek verkeerd gedoen het. Ek sug aanmekaar. My hart is swaar binne-in my.