1 Ek is die man wat ervaar het hoe seer dit is as die Here jou slaan omdat Hy vir jou kwaad is.
2 Hy het my weggejaag na ’n baie donker plek toe.
3 Hy het nie opgehou om my te slaan nie.
4 Hy het my skouers laat hang en my knieë laat knak.
5 Hy het my met swaarkry en lyding in ’n hoek vasgedruk.
6 Hy laat my voel asof ek wil doodgaan. Dis of ek al klaar dood is.
7 Hy het my toegesluit. Hy het my met swaar kettings geboei sodat ek nie kan uitkom nie.