14 My volk lag vir my en maak aanmekaar spotliedjies oor my.
15 Hy laat my bitter dinge sluk tot ek nie meer kan nie. Hy maak dit galbitter vir my.
16 Hy het my in die grond in getrap. Ek het geval en my tande teen die klippe gebreek.
17 Ek het vergeet hoe dit is om gelukkig en tevrede te wees.
18 Al my vertroue is weg. Ek verwag niks meer van die Here nie.
19 Ek word bitter wanneer ek aan my pyn en hartseer dink.
20 My hart krimp inmekaar wanneer ek so oor alles dink.