16 Hy het my in die grond in getrap. Ek het geval en my tande teen die klippe gebreek.
17 Ek het vergeet hoe dit is om gelukkig en tevrede te wees.
18 Al my vertroue is weg. Ek verwag niks meer van die Here nie.
19 Ek word bitter wanneer ek aan my pyn en hartseer dink.
20 My hart krimp inmekaar wanneer ek so oor alles dink.
21 Maar daar is een ding wat my weer hoop laat kry:
22 die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Hy bly getrou. Sy liefde het ons gespaar. Hy het gekeer dat ons heeltemal uitgewis is.