24 Ek sê vir myself: “Ek vertrou die Here, want Hy gee vir my lewe.”
25 Die Here is baie goed vir elkeen wat wil doen wat Hy vra en elkeen wat op Hom hoop.
26 Dit is goed om geduldig te wag vir die Here om ons te red.
27 Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag.
28 Iemand moet geduldig wees as daar van hom verwag word om stil te wees en te wag.
29 Daar is vir hom nog hoop as hy tjoepstil bly.
30 Hy moet maar sy trots sluk wanneer hulle hom beledig. Hy moet maar die ander wang ook na hulle toe draai.