27 Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag.
28 Iemand moet geduldig wees as daar van hom verwag word om stil te wees en te wag.
29 Daar is vir hom nog hoop as hy tjoepstil bly.
30 Hy moet maar sy trots sluk wanneer hulle hom beledig. Hy moet maar die ander wang ook na hulle toe draai.
31 Die Here sluit ’n mens mos nie vir altyd uit nie.
32 Hy maak ’n mens wel seer. Omdat sy liefde so groot is, kry Hy ons ook weer jammer.
33 Die Here verneder nie graag mense nie. Hy laat hulle ook nie verniet seerkry nie.