33 Die Here verneder nie graag mense nie. Hy laat hulle ook nie verniet seerkry nie.
34 Die Here sien dit raak as gevangenes mishandel word.
35 Hy sien wanneer mense verontreg word, teen die wil van die Allerhoogste.
36 Hy kyk hoe mense in die hof onbillik behandel word.
37 Kan enigiemand iets laat gebeur as die Here nie daarmee instem nie?
38 Kom die slegte en die goeie dinge nie maar alles van God daar bo nie?
39 Waaroor sal ’n mens kla wanneer hy lewe al het hy verkeerd gedoen?