40 Kom ons gaan kyk hoe ons pad geloop het en dink ’n bietjie na oor wat ons gedoen het. Dan kan ons omdraai na die Here toe.
41 Laat ons ons hart en ons hande na die Here in die hemel uitsteek. Laat ons met alles wat ons het tot Hom bid:
42 “Here, U kan ons nie vergewe nie, want ons was hardkoppig en opstandig teenoor U.
43 “U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons sonder genade dood te maak.
44 U het agter die wolke ingegaan sodat nie een van ons gebede by U kon uitkom nie.
45 U het ons die ashoop van die wêreld gemaak waarop al die gemors gegooi word.
46 Al ons vyande beledig ons en sê van ons net wat hulle wil.