47 Ons is bang en vasgekeer. Ons is verwoes en eenkant gegooi.”
48 Ek huil lang trane omdat my volk in duie gestort het.
49 Ek sal aanhou huil, ek sal nie ophou nie
50 totdat die Here afkyk uit die hemel en my raaksien.
51 Ek is baie hartseer as ek sien wat met die dogters in Jerusalem gebeur het.
52 Mense wat sonder enige rede my vyande geword het, jaag my asof hulle ’n voël probeer vang.
53 Hulle het my in ’n waterput gegooi om my te laat verdrink. Hulle het dit met klippe toegepak.