52 Mense wat sonder enige rede my vyande geword het, jaag my asof hulle ’n voël probeer vang.
53 Hulle het my in ’n waterput gegooi om my te laat verdrink. Hulle het dit met klippe toegepak.
54 Die water het oor my kop gegaan en ek het gedink: Nou is dit verby met my.
55 Daar onder in die put het ek na U begin roep, Here.
56 En U het gehoor toe ek roep: “Moet asseblief nie u ore toedruk wanneer ek roep dat U my moet kom help nie.”
57 Die dag toe ek na U geroep het, het U vir my kom sê: “Hou nou op om bang te wees.”
58 U het soos ’n prokureur in die hof vir my saak geveg en my lewe gered.