53 Hulle het my in ’n waterput gegooi om my te laat verdrink. Hulle het dit met klippe toegepak.
54 Die water het oor my kop gegaan en ek het gedink: Nou is dit verby met my.
55 Daar onder in die put het ek na U begin roep, Here.
56 En U het gehoor toe ek roep: “Moet asseblief nie u ore toedruk wanneer ek roep dat U my moet kom help nie.”
57 Die dag toe ek na U geroep het, het U vir my kom sê: “Hou nou op om bang te wees.”
58 U het soos ’n prokureur in die hof vir my saak geveg en my lewe gered.
59 Gee tog uitspraak in my guns, want U sien hoe hulle die wet verdraai om onreg aan my te doen.