57 Die dag toe ek na U geroep het, het U vir my kom sê: “Hou nou op om bang te wees.”
58 U het soos ’n prokureur in die hof vir my saak geveg en my lewe gered.
59 Gee tog uitspraak in my guns, want U sien hoe hulle die wet verdraai om onreg aan my te doen.
60 U sien tog al die plannetjies wat hulle maak om my terug te kry.
61 U hoor watter planne hulle alles maak om my te beledig.
62 Hulle wat teen my gekant is, sit heeldag en sleg praat oor my.
63 Waar hulle ook al kom, sing hulle liedjies waarin hulle met my die spot dryf.