8 Hy luister nie eens wanneer ek bid nie, al roep ek ook hoe hard.
9 Hy maak my paaie met groot klippe toe sodat ek langs ompaaie moet loop.
10 Hy is soos ’n beer wat my voorlê, ’n leeu wat my lê en inwag.
11 Hy het my uit die pad uit gesleep, my uitmekaargeskeur en my net so daar laat lê.
12 Hy het die pyl in sy boog gespan. Hy het van my die teiken gemaak waarna Hy met sy pyle skiet.
13 Hy het sy pylkoker op my leeggemaak met al die pyle wat Hy op my afgeskiet het.
14 My volk lag vir my en maak aanmekaar spotliedjies oor my.