1 Here, hou ’n bietjie in gedagte wat met ons gebeur het. Kyk hoe is ons beledig.
2 Die grond wat ons geërf het, het in vreemdelinge se hande beland. Uitlanders bly nou in ons huise.
3 Ons het geword soos kinders wat nie meer ’n pa het nie. Die ma’s het soos vroue geword wat nie meer ’n man het nie.
4 Ons moet betaal vir die drinkwater wat aan ons behoort. Ons moet vir ons eie brandhout geld uitgee.