17 Ons knieë het lam geword en ons oë het dof geraak
18 omdat Sion ’n verwoeste en verlate plek geword het waarin jakkalse rondsluip om te aas. Is U dan vir altyd kwaad?
19 U hou nooit op om te regeer nie, Here. U sit op u koningstroon en U regeer van een geslag tot die ander.
20 Hoekom lyk dit dan of U geheel en al van ons vergeet het? Hoekom is dit dan nou al so lank dat U ons aan ons eie lot oorgelaat het?
21 Lei ons weer terug na U toe sodat ons weer vrede met U kan maak. Maak alles tussen ons weer soos dit vroeër was.
22 Of het U ons nou vir altyd weggegooi? Gaan U regtig vir altyd vir ons kwaad bly?