4 Ons moet betaal vir die drinkwater wat aan ons behoort. Ons moet vir ons eie brandhout geld uitgee.
5 Dié wat ons agtervolg, lê op ons nek. Hulle gee ons nie ’n oomblik se rus nie. Ons is stokflou.
6 Ons het by Egipte gaan aanklop om ons te help. Ons het selfs Assirië gesoebat om vir ons kos te gee sodat ons honger kan oorgaan.
7 Dit is ons voorouers wat die sonde gedoen het waarvoor ons moet betaal noudat hulle reeds lankal dood is.
8 Hulle wat ander mense se slawe was, is nou ons base. Daar is niemand wat ons van hulle kan bevry nie.
9 Wanneer ons kos in die veld gaan bymekaarmaak, loop ons die risiko dat ons doodgemaak kan word.
10 Ons is koorsig van die hongerte.