8 Hulle wat ander mense se slawe was, is nou ons base. Daar is niemand wat ons van hulle kan bevry nie.
9 Wanneer ons kos in die veld gaan bymekaarmaak, loop ons die risiko dat ons doodgemaak kan word.
10 Ons is koorsig van die hongerte.
11 In Sion en in al die dorpe van Juda het hulle ons vroue en ons dogters verkrag.
12 Ons leiers word aan hulle hande opgehang. Daar is nie respek vir ons oumense nie.
13 Ons jongmans moet koring maal soos slawe. Jong seuntjies steier onder vragte hout wat vir hulle te swaar is.
14 Die leiers kan nie meer by die stad se poort sit om sake te bespreek nie. Die jongmense mag nie meer daar musiek maak nie.