12 Om te kan hoor en sien is gawes van die Here.
13 Moenie lui wees nie. Moenie jou tyd met niksdoen verspil nie. Werk hard! Dan sal jy genoeg hê om van te leef.
14 ’n Koper sal altyd oor die prys kla. Later spog hy dat dit ’n winskoop was.
15 Kennis van die lewe is kosbaar. Geen geld kan dit koop nie. Wyse woorde is onbetaalbaar.
16 Pas op vir vinnige finansiële transaksies. Sorg dat jy nie aan die kortste ent trek nie. Sorg vir waarborge, veral as die ander party vrot van die skuld is.
17 Geld wat oneerlik verkry is, bring nie geluk nie. Dit is soos brood wat in jou mond grond word. Dit vernietig jou tande en veroorsaak pyn.
18 Goeie planne kan ook op vergaderings gemaak word. Voordat jy iets aanpak, vra eers raad. Beplan dan fyn.