16 Pas op vir vinnige finansiële transaksies. Sorg dat jy nie aan die kortste ent trek nie. Sorg vir waarborge, veral as die ander party vrot van die skuld is.
17 Geld wat oneerlik verkry is, bring nie geluk nie. Dit is soos brood wat in jou mond grond word. Dit vernietig jou tande en veroorsaak pyn.
18 Goeie planne kan ook op vergaderings gemaak word. Voordat jy iets aanpak, vra eers raad. Beplan dan fyn.
19 Wie loop en skinder, lap ander se geheime uit. Vermy praatkouse en skinderpraatjies.
20 Wie sy pa en sy ma seermaak of vloek, kwyn weg. God verwerp hom.
21 Wie te vroeg op sy erfporsie aandring, het niks vir sy oudag nie.
22 Moenie jou wreek oor kwaad wat jou aangedoen is nie. Los dit liewer vir die Here. Hy sal jou help.