26 want die aarde behoort aan יהוה en alles wat dit vol maak.
27 As een van die ongelowiges julle nooi en julle wil gaan, eet dan alles wat vir julle voorgesit word, sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
28 As iemand egter vir julle sê: “Dit is geoffer”, mag jy dit nie eet nie, as gevolg van dit wat hy vir jou gesê het en ter wille van die gewete.
29 Ek sê nie jou gewete nie, maar die van die een wat jou vertel het, want waarom word my vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?
30 As ek in onverdiende guns optree, waarom word ek sleg van gepraat oor iets waarvoor ek dank?
31 Of julle dan eet of drink of enige iets doen, doen alles tot eer, lof en aanbidding van God.
32 Wees sonder oortreding vir die Jode, die Arameërs of vir die gemeente van God;