20 Wanneer julle so bymekaarkom, dan is dit nie op die regte manier dat julle op die dag van ons Meester eet en drink nie,
21 want elkeen eet voor die ander, op sy eie en die een ly honger terwyl die ander dronk is.
22 Het julle dan nie huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God en maak julle dié skaam wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle loof? Hierin loof ek julle nie,
23 want ek het van ons Meester gekry wat ek ook aan julle oorgegee het, dat ons Meester, Yeshua, in die nag waarin Hy oorgegee is, brood gevat het
24 en Hy het dit geseën, dit gebreek en gesê: ‘Vat en eet; dit is My liggaam wat vir julle gebreek word; so moet julle doen om aan My te dink.’Yir 31:30-33; Mat 26:28 so moet julle dit doen, elke keer as julle drink om aan My te dink,’
25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: ‘Hierdie beker is die nuwe verbond in My bloed;
26 want elke keer as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, onthou julle die dood van ons Meester totdat Hy kom.