13 Laat hom wat in tale praat, bid dat hy dit kan vertaal,
14 want as ek in tale bid, dan bid my gees, maar my verstand is vrugteloos.
15 Wat sal ek daarom doen? Ek sal bid met my gees en ek sal ook bid met my verstand. Ek sal sing met my gees en ek sal ook sing met my verstand.
16 Anders, as jy met die gees ’n seën uitspreek, hoe sal hy wat nog onkundig is, ‘Dit is waar’ sê op jou seën, aangesien hy nie verstaan wat jy sê nie,
17 want jou seën is wel goed, maar die ander een word nie opgebou nie.
18 Ek dank my God dat ek meer in tale praat as julle almal,
19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te leer, as tien duisend woorde in tale.`Am 5:15; Rom 16:19