17 want jou seën is wel goed, maar die ander een word nie opgebou nie.
18 Ek dank my God dat ek meer in tale praat as julle almal,
19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te leer, as tien duisend woorde in tale.`Am 5:15; Rom 16:19
20 My broers, moenie kinders in julle verstaansvermoë wees nie, maar wees babas tot boosheid en wees ten volle volwasse in julle verstaansvermoë.Deut 28:49; Yes 28:11-12
21 In die wet is geskryf: “Ek sal deur vreemde spraak en deur ’n ander taal met hierdie mense praat en dan sal hulle ook nie na My luister nie,” sê יהוה:”
22 Dus is tale vasgestel, nie as ’n teken vir dié wat vertrou nie, maar vir die ongelowiges, maar profesie is nie vir die ongelowiges nie, maar vir dié wat vertrou;
23 daarom, as die hele gemeente bymekaarkom en hulle sou almal in tale praat en die oningeligtes of ongelowiges kom in, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig geword het nie?