29 Laat twee of drie profete praat en laat die ander dit onderskei
30 en as daar iets openbaar word aan ’n ander een wat sit, laat die eerste een stilbly,
31 want julle kan almal een vir een profeteer sodat almal kan leer en almal versterk word,
32 want die gees van die profeet is aan die profeet gehoorsaam,
33 want God is nie ’n God van onbeheersdheid nie, maar van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid. Soos in al die gemeentes van die afgesonderdes
34 moet julle vrouens in die gemeentes stilbly, want dit is hulle nie toegelaat om te praat nie, maar om gehoorsaam te wees, net soos die geskrewe wet sê.
35 As hulle iets wil leer, laat hulle by die huis hulle eie mans vra, want dit is skandelik vir daardie vrou om in die gemeente te praat.