9 Net so ook julle, as julle woorde in tale praat en dit nie vertaal nie, hoe sal ’n mens enige iets weet wat jy sê? Julle sal wees soos een wat in die lug praat.
10 Let op, daar is baie soorte tale in die wêreld en geeneen daarvan is sonder klank nie.
11 As ek nie die betekenis van die taal ken nie, is ek vir die een wat praat ’n vreemdeling en die een wat praat sal vir my ’n vreemdeling wees.
12 Terwyl julle ’n ywer het na die gawes van die Gees moet julle net so oorvloediglik soek na dit wat die gemeente sal opbou.
13 Laat hom wat in tale praat, bid dat hy dit kan vertaal,
14 want as ek in tale bid, dan bid my gees, maar my verstand is vrugteloos.
15 Wat sal ek daarom doen? Ek sal bid met my gees en ek sal ook bid met my verstand. Ek sal sing met my gees en ek sal ook sing met my verstand.