6 en miskien sal ek by julle oorbly of oorwinter sodat julle saam met my kan gaan waarheen ek ook al mag gaan.
7 Ek verkies om julle nie díe keer net in die verbygaan te sien nie, maar ek hoop om ’n tyd lank by julle te bly as my Meester dit toelaat,
8 maar ek sal in Efesos bly tot die Fees van weke (Shavu’ot),
9 want ’n groot deur het vir my oopgegaan, vol geleenthede en daar is baie wat my teëstaan.
10 As Timotheos na julle toe kom, kyk dat hy sonder vrees by julle is, want hy versorg die werke van יהוה, net soos ek.
11 Laat niemand hom dan minag nie, maar vergesel hom in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sodat hy na my toe kan kom, want ek, saam met die broers, wag vir hom.
12 Met betrekking tot die broer Apollos: ek het hom baie keer gevra om saam met die broers na julle toe te gaan en hy het sonder twyfel nie die begeerte gehad om nou te gaan nie, maar hy sal gaan wanneer hy tyd het.