11 Ván hierdie dinge was in elkeen van julle, maar julle is skoon deur die doop, julle is afgesonderd, julle is onskuldig verklaar in die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en deur die Gees van ons God.
12 “Alles is vir my wettig?” Nie alles is tot voordeel nie. “Alles is vir my wettig?” Ek sal egter geen persoon oor my laat heers nie.
13 “Die kos is vir die maag en die maag is vir die kos,” maar God sal die een sowel as die ander vernietig en die liggaam is nie vir seksuele immoraliteit nie, maar vir ons Meester en ons Meester vir die liggaam.
14 God het ook ons Meester laat opstaan en laat ons opstaan deur Sy wonderwerkende krag.
15 Weet julle nie dat julle liggame lede van Die Gesalfde Een is nie? Sal ek daarvolgens die lede van Die Gesalfde Een vat en dit lede van ’n hoer maak? ’n Verwerplike gedagte!Gen 2:24
16 Of weet julle nie dat hy wat hom vaskleef aan ’n hoer, met haar een liggaam is nie, want dit sê dat hulle altwee een vlees sal wees,”
17 maar wie aan ons Meester vashou, is van een Gees met Hom.