10 Aan die getroudes beveel ek, nie ek nie, maar die Meester, dat die vrou nie van haar man mag weggaan nie
11 en as sy tog van hom af weggaan, moet sy ongetroud bly, of haar verhouding met haar man herstel en die man moet sy vrou nie in die steek laat nie.
12 Vir die ander sê ek, nie my Meester nie, as enige broer ’n ongelowige vrou het en sy dit goeddink om saam met hom te bly, moet hy haar nie verwerp nie
13 en as enige vrou ’n ongelowige man het en hy dit goeddink om saam met haar te bly, moet sy hom nie verwerp nie,
14 want die ongelowige man is afgesonder deur die vrou en die ongelowige vrou is afgesonder deur die man, want anders sou julle kinders ‘onrein’ wees, maar nou is hulle afgesonder.
15 As die ongelowige wil weggaan, laat hom weggaan. In sulke gevalle is die broer of suster nie as slaaf gebind nie, maar God het ons tot vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid geroep,
16 want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?