16 want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
17 Elkeen moet leef met dit wat יהוה hom gegee het, net soos elkeen was toe God hom geroep het en so beveel ek in al die gemeentes.
18 Was iemand besny toe hy geroep is, moet hy nie terugkeer na onbesnedenheid nie. Was iemand onbesny toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie.
19 Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die uitvoer van die opdragte van God, is wat tel.
20 Laat elkeen in dié roeping bly waarin hy geroep is.
21 Is jy as slaaf geroep, moenie dat dit jou pla nie, maar as jy vryheid kan verkry, kies self om te dien,
22 want die slaaf wat in ons Meester geroep is, is ’n vrygemaakte van God; net so is ook hy wat as vryman geroep is, ’n slaaf van Die Gesalfde Een.