25 In verband met die maagde het ek geen outoriteit van die Meester nie, maar ek gee my advies as iemand wat deur die guns van ons Meester vertrouenswaardig is.
26 Ek dink, vanweë die onderdrukking wat op hande is, dat dit goed is vir ’n mens om so te bly.
27 Is jy aan ’n vrou verbonde, moenie soek om los te wees nie; is jy los van ’n vrou, moenie ’n vrou soek nie,
28 maar as jy ’n vrou vat, sondig jy nie en as ’n maagd trou, sondig sy nie, maar sulke mense sal probleme hê aan die vlees en ek wil julle dit spaar.
29 Dit sê ek, broers, die bepaalde tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie
30 en die wat huil, asof hulle nie huil nie en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie en die wat koop, asof hulle dit nie kry nie
31 en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle nie vasgevang is daarin nie, want die toestand van hierdie wêreld gaan verby.