3 Die man moet aan die vrou die liefde, wat verskuldig is, gee en net so ook die vrou aan haar man.
4 Die vrou het nie magtiging oor haar eie liggaam nie, maar die man en net so ook het die man nie magtiging oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
5 Onthóu julle nie van mekaar nie, behalwe as julle albei saamstem oor ’n bepaalde tyd met die doel om julle aan vas en gebed te kan wy en kom terug na plesier sodat die teëstander julle nie versoek deur die begeertes van julle liggame nie.
6 Dit sê ek egter aan die swakkeres, nie by wyse van opdrag nie,
7 want ek wens dat alle mense in reinheid soos ek was, maar elkeen het sy eie geestelike gawe van God, die een so, maar die ander weer anders.
8 Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is voordelig as hulle bly soos ek,
9 maar as hulle nie kan volhard nie, moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.