1 Is ek nie vry nie? Is ek nie ’n afgevaardigde nie? Het ek Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester, nie gesien nie? Is julle nie my werk in my Meester nie?
2 As ek nie vir ander ’n afgevaardigde was nie, is ek dit vir julle en julle is die seël op my amp as afgevaardigde.
3 My antwoord vir die wat my beoordeel, is dít:
4 Hoekom mag ons nie eet en drink nie?
5 Is dit nie reg vir ons om ’n suster as vrou met ons saam te vat op reis, soos die ander afgevaardigdes, die broers van ons Meester en Kefa, nie?