10 Hulle moet ook eers getoets word; dan, as hulle onberispelik is, laat hulle bedien.
11 Net so moet die vroue fatsoenlik wees, waaksaam in hulle gedagtes, vertrouenswaardig in alles en nie skinderaars wees nie.Tit 1:6-9
12 Die bedienaars moet mans van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer,
13 want die wat aanhou om goed te bedien, koop vir hulleself ’n eervolle plek en baie vrymoedigheid in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een.
14 Ek skryf vir jou hierdie dinge in die verwagting om gou na jou toe te kom,
15 maar as ek vertraag word, dat jy kan weet hoe iemand moet leef in die huishouding van God, wat die gemeente is van die lewende God; die pilaar en fondasie van die waarheid.
16 Waarlik groot is hierdie Geheimenis van onpartydige opregtheid, wat openbaar is in die vlees, onskuldig verklaar is in die Gees, verskyn het aan engele, verkondig is onder die nasies, vertrou is in die wêreld en Hy het opgegaan in eer, lof en grootheid.