7 maar hy moet ook ’n goeie getuienis hê vanaf buitestaanders sodat hy nie in skande en in die strik van die teëstander val nie.
8 Net so moet die wat bedien, rein wees, nie uit twee monde praat nie, nie geneig wees na baie wyn nie, nie onrein rykdom liefhê nie,
9 maar wat die geheim van die vertroue in ’n skoon gewete vashou.
10 Hulle moet ook eers getoets word; dan, as hulle onberispelik is, laat hulle bedien.
11 Net so moet die vroue fatsoenlik wees, waaksaam in hulle gedagtes, vertrouenswaardig in alles en nie skinderaars wees nie.Tit 1:6-9
12 Die bedienaars moet mans van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer,
13 want die wat aanhou om goed te bedien, koop vir hulleself ’n eervolle plek en baie vrymoedigheid in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een.