2 Yoganan 1 PWL

1 Die oudste: aan die gekose vrou en haar kinders, wat ek in waarheid liefhet en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die Waarheid ken,

2 as gevolg van die Waarheid wat in ons bly en tot in ewigheid by ons is.

3 Laat daar by ons in waarheid en in liefde wees: onverdiende guns, liefdevolle omgee, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vanaf God-die-Vader en vanaf ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van die Vader.

4 Ek was baie bly toe ek van jou kinders gekry het wat in waarheid leef, volgens die opdrag wat ons van die Vader gekry het

5 en nou vra ek van jou, vrou, nie asof ek ’n nuwe opdrag aan jou skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.Yog 15:14

6 Dit is liefde: dat ons leef volgens Sy opdragte. Dit is die opdrag, wat julle van die begin af gehoor het, waarin julle leef,1 Yog 2:22-23

7 want baie misleiers het uitgegaan in die wêreld in: die een wat nie bely dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie; hy is ’n misleier en teëstander teen Die Gesalfde Een.

8 Gee aandag aan julle lewe dat julle nie enige iets verloor waarvoor julle gewerk het nie, maar dat julle ’n volle loon kan ontvang.

9 Elkeen wat ’n oortreder is en nie aanhou in die leer van Die Gesalfde Een nie; God is nie in hom nie. Hy wat aanhou in Sy leer, hy het die Vader sowel as die Seun.

10 As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer bring nie, moet hom nie in die huis ontvang nie en nie vir hom sê, “welkom aan jou,” nie,

11 want hy wat vir hom sê “welkom aan jou,” het deel aan sy bose dade.

12 Alhoewel ek baie het om aan julle te skryf, wou ek dit nie met perkament en ink doen nie, maar ek hoop om na julle toe te kom en persoonlik te praat sodat ons blydskap volkome kan wees.

13 Die kinders van jou gekose suster groet jou. Dit is waar.

hoofstukke

1