18 Ná drie jaar het ek na Yerushalayim opgegaan om Kefa te ontmoet en vyftien dae by hom gebly
19 en ek het geen ander van die afgevaardigdes gesien nie, behalwe Ya’akov, die broer van ons Meester.
20 Hierdie dinge wat ek vir julle skryf: let op, in die Teenwoordigheid van God, ek lieg nie!
21 Na hierdie dinge het ek na die streke van Sirië en Kilikia gegaan
22 en my gesig was onbekend by die gemeentes van Die Gesalfde Een in Y’hudah,
23 maar hulle het slegs dit gehoor: hy wat hulle vroeër vervolg het, let op, verkondig nou die vertroue wat hy vroeër omver probeer werp het
24 en hulle het God geloof en geprys vir my.