1 Na veertien jaar, het ek weer na Yerushalayim opgegaan saam met Bar-Nabba en ook vir Titos saamgevat,
2 maar ek het opgegaan op grond van ’n openbaring en aan hulle die goeie boodskap voorgelê wat ek onder die ander nasies verkondig; asook afsonderlik aan die wat in aansien was sodat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.
3 Titos, wat by my was en ’n Arameër is, is nie gedwing om besny te word nie,
4 ten spyte van valse broers, wat ingesluip het om op ons vryheid te spioeneer wat ons in Die Gesalfde Een, Yeshua, het sodat hulle ons slawe kon maak;