12 want voordat sommige van Ya’akov af gekom het, het hy saam met die ander nasies geëet, maar ná hulle koms het hy hom onttrek en hom eenkant gehou omdat hy bang was vir die wat uit die besnydenis groep is
13 en saam met hom het ook ander van die Jode toegegee hieraan sodat selfs Bar-Nabba hom laat lei het deur hulle valse toneelspel.
14 Toe ek egter sien dat hulle nie opreg optree volgens die waarheid van die goeie boodskap nie, het ek vir Kefa ten aanskoue van almal gesê: “As jy wat ’n Jood is, soos ’n Arameër leef en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die ander nasies om soos Jode te lewe?
15 Ons wat van nature Jode en nie sondaars vanuit die ander nasies is nie,Ps 143:2
16 weet dat die mens nie onskuldig verklaar word vanuit die doen van die geskrewe wet nie, maar deur vertroue in Yeshua, Die Gesalfde Een. Ons het ook in Die Gesalfde Een, Yeshua, vertrou sodat ons onskuldig verklaar kon word vanuit vertroue in Die Gesalfde Een en nie vanuit die doen van die geskrewe wet nie omdat deur die doen van die geskrewe wet geen mens onskuldig verklaar sal word nie,”
17 maar as ons, wat begeer om in eenheid met Die Gesalfde Een onskuldig verklaar te word, self ook gevind word om sondaars te wees, is Die Gesalfde Een dan ’n bedienaar van die sonde? ’n Verwerplike gedagte!
18 Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan wys ek aan myself dat ek die opdragte oortree,