18 want as die erfenis vanuit die geskrewe wet is, dan is dit nie meer die vervulling van die belofte nie, maar God het dit aan Avraham deur ’n belofte gegee.
19 Hoekom dan die geskrewe wet? Dit is bygevoeg omrede die afdwaling totdat die Erfgenaam sou kom aan Wie die belofte gemaak is en daardie geskrewe wet is deur die belofte gegee, deur die hand van ’n tussenganger.Deut 6:4
20 ’n Tussenganger verteenwoordig nie een alleen nie, maar God is Een.
21 Is die wet wat ons ontvang het teenoorgesteld aan die belofte van God? ’n Verwerplike gedagte, want as daar ’n wet gegee is, wat in staat was om lewe te gee, dan sou die onpartydige opregtheid waarlik vanaf die wet gekom het.
22 Die Skrifte het alles onder die sonde ingesluit sodat die belofte in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die wat vertrou, gegee kon word,
23 maar voordat die vertroue gekom het, is ons begelei deur die wet terwyl ons afgesny was van die vertroue wat op die punt was om openbaar te word.
24 Die geskrewe wet was dus vir ons ’n gids na Die Gesalfde Een toe sodat ons onskuldig verklaar kan word deur vertroue,