1 Ek sê: solank as die erfgenaam ’n kind is, verskil hy nie van die slawe nie, alhoewel hy hulle almal se meester is,
2 maar hy staan onder voogde en toesighouers tot op die tyd, soos deur sy vader bepaal is.
3 So was ons ook, toe ons kinders was, in slawerny onder die beginsels van die wêreld,
4 maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore en onderworpe aan die geskrewe wet,
5 om die wat onder die geskrewe wet was, los te koop sodat ons die aanvaarding as kinders kon ontvang,
6 maar omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle verstand, wil en emosie gestuur, wat uitroep tot die Vader: “Ons Vader!”