2 maar hy staan onder voogde en toesighouers tot op die tyd, soos deur sy vader bepaal is.
3 So was ons ook, toe ons kinders was, in slawerny onder die beginsels van die wêreld,
4 maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore en onderworpe aan die geskrewe wet,
5 om die wat onder die geskrewe wet was, los te koop sodat ons die aanvaarding as kinders kon ontvang,
6 maar omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle verstand, wil en emosie gestuur, wat uitroep tot die Vader: “Ons Vader!”
7 Julle is daarom nie slawe nie, maar kinders en as julle kinders is, dan ook erfgename van God deur Yeshua, Die Gesalfde Een,
8 maar toe julle God nie geken het nie, het julle dit gedien wat van nature geen god is nie,