23 maar hy wat vanuit die slavin gebore is, is na die vlees gebore, maar die een vanuit die vry vrou deur die belofte.
24 Hierdie is ’n illustrasie van twee verbonde: een, wat kom van die berg Sinai, wat geboorte gee in slawerny: dit is Hagar,
25 want Hagar staan vir die berg Sinai wat in Arabië is en oorgee aan die Yerushalayim van nou, wat saam met haar kinders in slawerny is,
26 maar daardie Yerushalayim is die vry vrou: wat ons almal se moeder is,Yes 54:1
27 want daar is geskryf: “Verbly jou, onvrugbare wat nie voortbring nie! Breek uit en roep, jy wat geen geboortepyne het nie, want die kinders van die verlatene is meer as van haar wat begunstig is!”
28 Ons, my broers, is egter net soos Yitz’gak, kinders van die belofte
29 en net soos toe hy wat na die menslike natuur gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, net so is dit ook nou,Gen 21:10