26 maar daardie Yerushalayim is die vry vrou: wat ons almal se moeder is,Yes 54:1
27 want daar is geskryf: “Verbly jou, onvrugbare wat nie voortbring nie! Breek uit en roep, jy wat geen geboortepyne het nie, want die kinders van die verlatene is meer as van haar wat begunstig is!”
28 Ons, my broers, is egter net soos Yitz’gak, kinders van die belofte
29 en net soos toe hy wat na die menslike natuur gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, net so is dit ook nou,Gen 21:10
30 maar wat sê die Skrif? ‘Gooi die slavin en haar seun uit, want die seun van die slavin sal nie saam met die seun van die vry vrou erf nie’.
31 Ons is daarom, my broers, nie kinders van die slavin nie, maar van die vry vrou.