1 Staan daarom vas in die vryheid waarmee Die Gesalfde Een ons vrygemaak het en moenie weer in die juk van slawerny gejuk word nie.
2 Let op, ek, Sha’ul, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Die Gesalfde Een vir julle geen voordeel inhou nie
3 en ek getuig dit weer aan elke mens wat besny is dat hy verskuldig is om die hele geskrewe wet na te kom.
4 As jy onskuldig verklaar wil word deur die wet, is jy afgesny van Die Gesalfde Een. Julle het weggeval van die onverdiende guns af,
5 want ons, deur die seëning van die Gees, wat deur vertroue is, bly in die aktiewe verwagting tot onpartydige opregtheid,