12 maar Hy het een offer ter wille van sonde gebring en gaan sit aan die regterkant van God vir altyd,
13 wagtend verder totdat Sy vyande ’n voetbank onder Sy voete gemaak is,
14 want deur een offer het Hy vir altyd die wat daardeur afgesonder is, tot die doel gebring.
15 Die Gees van Afsondering getuig ook vir ons en sê:Yir 31:33
16 “Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae,” sê יהוה; “Ek sal My wet gee in hulle begrip en in hulle verstand, wil en emosie sal Ek dit inskryf
17 en hulle sondes en hulle oortredinge van die wet sal Ek nie onthou nie,”
18 maar waar daar vergifnis van sonde is, is daar nie ’n offer vir die sonde nodig nie.