Hebreërs 3 PWL

1 My afgesonderde broers, wat deel in die hemelse roeping, dink daarom versigtig aan Yeshua, Die Gesalfde Een, wat ons openlik erken as God se Afgevaardigde en nie-Levitiese Hoofpriester.Num 12:7

2 Hy is vertrouenswaardig teenoor God wat Hom aangestel het, net soos Moshe in God se hele huishouding getrou was,

3 want hierdie Een se lof en eer is baie meer as die van Moshe, soveel as wat hy wat die huis gebou het, baie meer eer het as die huis,

4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat voortdurend alles bou, is God.

5 Moshe was as ’n dienskneg toevertrou met die hele huis, tot getuienis van wat nog deur Hom gesê sou word,1 Kor 3:16-17

6 maar Die Gesalfde Een as Seun oor Sy huis. Ons is Sy huis as ons die vrymoedigheid en die trots van Sy goeie Boodskap tot die einde toe vashou.

7 Omdat die Gees van Afsondering sê: “Vandag as julle Sy stem hoor,

8 verhard nie julle verstand, wil en emosie om Hom kwaad te maak, soos hulle wat rebels is en soos in die dag van die toetsing in die wildernis,

9 toe julle vaders My getoets het, My beproef het en My dade veertig jaar lank gesien het, nie.

10 As gevolg daarvan was Ek moeg vir daardie geslag en het gesê: ‘Hulle is ’n volk wat fouteer in die verstand, wil en emosie en húlle het My paaie nie geken nie,’Ps 95:8-11 ‘Hulle sal in My rus nie ingaan nie!”

11 soos Ek in My woede ’n eed geneem het:

12 Pas daarom op, my broers, dat daar nie in enige van julle ’n bose en vertrouelose verstand, wil en emosie is en hy van die Lewende God af wegdwaal nie,

13 maar verneem van mekaar elke dag, solank as dit vandag genoem word sodat niemand van julle deur die misleiding van sonde verhard word nie,

14 want ons is aan Die Gesalfde Een verbind, as ons van die begin af tot die einde toe aan hierdie ware verbond vashou.Ps 95:8,9

15 Net soos wat gesê is: “Vandag as julle Sy stem hoor, verhard nie julle verstand, wil en emosie om Hom kwaad te maak nie.”

16 Wie was dit dan wat gehoor het en Hom kwaad gemaak het? Was dit nie almal wat Moshe uit Mitzrayim gebring het nie?

17 In wie was Hy veertig jaar lank teleurgesteld? Was dit nie in dié wat gesondig het, wie se lyke in die wildernis geval het nie?

18 Hulle aangaande wie Hy ’n eed geneem het, dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie, is dit nie aan hulle wat nie oortuig is nie?

19 Ons sien dat hulle nie kon ingaan nie omdat hulle nie vertrou het nie.

hoofstukke

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13