3 maar deur die offers onthou hulle elke jaar hul sondes,
4 want dit is nie moontlik vir die bloed van bulle en jaaroud bokke om die sonde weg te was nie.
5 Toe Hy in die wêreld inkom, het Hy daarom gesê: “Offers en brandoffers wou U nie gehad het nie, maar U het My met ’n liggaam aangetrek.Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13
6 Brandoffers van vrede vir sonde het U nie gevra nie.Ps 40:7-9
7 Toe het Ek gesê: “Let op, Ek kom,” want aan die begin van die Geskrifte is dit van My geskryf, “om U wil te doen, o God.”
8 Hierbo sê Hy: “Offers, graanoffers, brandoffers en sondoffers wil U nie hê nie,” dit wat volgens die geskrewe wet geoffer word,
9 daarna het Hy gesê: “Let op, Ek kom om U wil te doen, o God.” Hierin skaf Hy die eerste af om die tweede te vestig,