12 daarom het Yeshua ook, om die mense deur Sy eie bloed af te sonder, buitekant die stad gely;
13 daarom moet ons ook uitgaan na Hom toe, buitekant die kamp, terwyl ons Sy skande dra,
14 want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons kyk uit vir die één wat kom.
15 Laat ons, deur Hom, altyd aan God ’n lofoffer bring, wat die vrug van die lippe is wat dank bring aan Sy Karakter en Outoriteit (Naam).Ya’a 1:27
16 Vergeet ook nie liefdadigheid en om te deel met die armes nie, want met sulke offers stel ’n mens God tevrede.Yir 29:7; Rom 13:1-7
17 Wees gehoorsaam aan julle leiers en onderwerp julle aan hulle, want hulle hou wag oor julle lewens, as mense wat rekenskap moet gee sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie met klagtes nie, want dit is nie vir julle tot voordeel nie.
18 Hou aan bid vir ons, want ons vertrou dat ons ’n goeie gewete het omdat ons in alles goed wil leef,